Wellington

South Africa
Wellington.town

schools

Huguenot Primary School Hugenote Laerskool

Ons is ‘n Afrikaans-Engels parallelmedium skool met ‘n Christelike etos. Ons spog met genoeg ruim, lugverkoelde klaskamers, twee sale wat albei baie gewilde onthaalsale is, ‘n splinternuwe rekenaarkamer, goed-beplande sportgeriewe, ‘n pragtige, kindervriendelike biblioteek, kunslokaal, tegnologiesentrum, musiekafdeling, aanloklike speelareas, nasorgfasiliteite en ruimte in die hoërskoolkoshuis vir leerders van Gr. 5 – 7.

Waar elke kind toegerus word vir die lewe.

Hugenote se akademie word hoog aangeslaan, en met reg, soos ons oudleerders elke jaar by toekenningsaande van hul onderskeie hoërskole bewys. In die grondslagfase word klem op die basiese boustene van akademiese uitnemendheid gelê: goeie syfer- en geletterdheidsvaardighede. Jaarlikse opvoedkundige uitstappies en deelname aan die wiskunde olimpiade en wetenskap- en tegnologiekompetisies versterk die akademie op ‘n praktiese wyse. As deel van ons verbintenis tot akademiese uitnemendheid beskik ons oor die dienste van ‘n arbeidsterapeut, leesterapeut, spraakterapeut en remediërende onderwyseres wat leerders ondersteun ten opsigte van spesifieke behoeftes. Didaktiese hulp is deel van die weeklikse rooster. Akademiese presteerders kry kwartaalliks erkenning.

Met 2 kore, ‘n Orff- en slagorkes, blokfluitensembles, debat- en redevoering en jaarlikse deelname aan die eisteddfod in sang, orkes, koorwerk, dans, woordkuns en visuele kuns, word daar ook in hierdie ontwikkelingsbehoeftes van elke kind voorsien. Hugenote beskik oor die dienste van 2 musiekonderwyseresse, asook ‘n privaat vioolonderwyseres. Die konserte wat elke 2 tot 3 jaar gehou word, is legendaries, en ouers en vriende kom van heinde en ver om dit by te woon.

The Huguenot sport programme is presented in such a way that learners do not have to choose between different sport codes. They are able to participate in every code that they choose: athletics, tennis, swimming, cricket, rugby, netball, hockey, cross country, chess, biathlon and “jukskei”. The excellent results that our sport stars achieve, is proof of the standard of coaching. We regularly honour learners who are awarded provincial and national colours.